Muhammad Ali

Muhammad Ali
Swaargewigbokskampioen van die wêreld
Swaargewigbokskampioen van die wêreld
’n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Muhammad Ali in 1967

Statistiek
Geboortenaam Cassius Marcellus Clay Jr.
Bynaam(e) The Greatest
The People's Champion
The Louisville Lip
Gewigklas Swaargewig
Lengte 1,91 m[1]
Armlengte 1,98 m
Nasionaliteit Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
Geboorte (1942-01-17)17 Januarie 1942
Louisville, Kentucky
Sterfte 3 Junie 2016 (op 74)
Scottsdale, Arizona
Houding Ortodoks
Boksrekord
Totale gevegte 61
Oorwinnings 56
Oorwinnings met uitklophou 37
Verloor 5
Gelykop 0
Geen wedstryd 0

Muhammad Ali (Louisville, Kentucky, 17 Januarie 1942 – Scottsdale, Arizona, 3 Junie 2016) was 'n Amerikaanse bokser en swaargewigwêreldkampioen. Hy is tot hede die enigste man wat die liniêre swaargewigkampioenskap drie keer (in 1964, 1974 en 1978) gewen het.[2] Ali was ook die wenner van die Olimpiese swaargewig goue medalje. Hy is in 1999 deur Sports Illustrated en die BBC as die "Sportman van die eeu" gekroon.[3]

Muhammad Ali in 2004

Ali was bekend vir sy vegstyl, wat hy beskryf het as "sweef soos 'n skoenlapper, steek soos 'n by".[4] Ali het 'n naam vir homself gemaak met sy vinnige hande en voete en sy tartende taktiek.

Uit 'n totaal van 61 gevegte het Ali 56 gewen, waarvan 37 deur uitklophoue.

  1. "Cassius Clay". sports-reference.com (in Engels). Sports Reference LLC. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 April 2020. Besoek op 5 Junie 2015.
  2. Die "liniêre" titel word erken deur 'n (amper) ononderbroke lyn van titelhouers oor die afgelope 100 jaar na te trek, waartydens byna elke kampioen die vorige titelhouer verslaan het.
  3. Ali crowned Sportsman of Century, by die BBC-nuuswerf.
  4. Engelse aanhaling: "Float like a butterfly, sting like a bee", "Muhammad Ali", by QuoteDB.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search